Sunday, April 14, 2013

jy is 'n doos, skel hy.

ek knip nie 'n oog nie. staar.

jy is 'n doos wat die mooi van ons vermoor, die heilige bed gaan goedkoop maak het met jou woord en ink.

ek draai om, fluister ek moet gaan. hy sien ek hoor nie meer nie. hy hou aan skel. die woorde skiet 'n harde knal uit sy frustrasie om my vas te hou. ek is stil.

ek was bereid om alles op te gee vir jou na ons gesprek by die dam. jou woord beteken weereens fokkol. besef jy nie dat selfs 'n vriendskap met jou op die stadium al te veel gevra is? haat sy woorde my liefde stukkend.

ek verdwyn.

jy is 'n groot doos wat ons spesiaal weereens weggegooi het, skreeu hy agterna.

ek verdwyn. ek verdwyn.
ek het geen sin vir verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie, huil sy verstand. hoekom verstaan ek nie? waar mis hy my?

hy tree lomp agterna, gestil, gestamp, gebreek. maak nie die keer die motordeur oop nie. my oe se deure het gesluit. hom uitgesluit.

omdat my sfeer sweer in sy verlede moes hy my verneder.

No comments:

Post a Comment