jy is 'n doos, skel ek.
sy knip nie 'n oog nie. staar.
jy is 'n doos wat die mooi van ons vermoor, die heilige bed gaan goedkoop maak het met jou woord en ink.
sy draai om, fluister sy moet gaan. ek sien sy hoor nie meer nie. ek hou aan skel. die woorde skiet 'n harde knal uit my frustrasie om haar vas te hou. sy is stil.
ek was bereid om alles op te gee vir jou na ons gesprek by die dam. jou woord beteken weereens fokkol. besef jy nie dat selfs 'n vriendskap met jou op die stadium al te veel gevra is? haat my woorde haar liefde stukkend.
sy verdwyn.
jy is 'n groot doos wat ons spesiaal weereens weggegooi het, skreeu ek agterna.
sy verdwyn. sy verdwyn.
sy het geen sin vir verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie, huil my verstand. hoekom verstaan sy nie? waar mis ek haar?
ek tree lomp agterna, gestil, gestamp, gebreek. maak nie die keer die motordeur oop nie. haar oe se deure het gesluit. my uitgesluit.
omdat haar sfeer sweer in my verlede moes ek haar verneder.
No comments:
Post a Comment